Local newsNewsNews

Geen verdagtes in hegtenis ná aanval buite wildtuin

Niemand is tot dusver in verband met die voorval waarin 'n gesin van Pretoria buite die Numbi-hek van die Nasionale Krugerwildtuin deur gewapende mans aangeval is, in hegtenis geneem nie.

Sers. Nanikie Nonyane, die woordvoerder van die Masoyi-polisie, het dit vandeesweek bevestig, asook dat die sake van poging tot moord en poging tot motorkaping steeds ondersoek word.

Dit is nou meer as twee weke sedert Melani de Beer (39) en haar twee kinders, Miah (14) en Marnu (11), die slagoffers was van twee mans wat op die R538 by ‘n taxistaanplek in Mganduzweni op hul voertuig losgebrand het.

Die gesin het ‘n vakansie in die wildtuin geniet, waarna die voorval op pad huis toe, na Montanapark in Pretoria, gebeur het.

Melani de Beer. > Foto: Andrea van Wyk

Melani en haar kinders is intussen terug in Pretoria, nadat hulle langer as verwag in Mbombela moes bly, omdat Miah in die aanval beseer is. Sy het twee skietwonde in haar bobeen opgedoen.

Volgens Melani gaan Miah nog gereeld vir sessies om haar wond skoon te maak. Sy het steeds ‘n dreineringspyp wat die bloed in die wond stimuleer en dit dreineer, om groei aan te moedig.

LEES OOK: Aanval op Pretoria-gesin knou toerisme

“Op die oomblik vat ons dit net dag vir dag. Ons gemoed is heel oukei. Marnu is weer terug skool toe en dit doen hom goed. Miah is nog afgeboek en behoort teen Maandag weer terug te gaan skool toe,” het Melani Woensdag aan Laevelder gesê.

Die polisie het kort ná die voorval gesê dat ‘n reusemensejag van stapel gestuur is om die aanvallers vas te trek.

Linda Grimbeek, die hoof van die Kruger-Laeveld Sake- en Toerismekamer, het vroeër gesê die toerismebedryf in die Laeveld het weens dié voorval groot skade gely .

Volgens haar het sekere lodges en ander akkommodasie minstens R1 miljoen weens kansellasies verloor.

LEES OOK: More fatalities recorded on Mpumalanga’s roads this festive season

Sommige van dié kansellasies is van buitelandse toeriste wat van die nuus te hore gekom het en van plan verander het om eerder nie die gebied te besoek nie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to [email protected].

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button