Stoeiers werk hard om Egipte toe te gaan
'n Paar manne van die Nelspruit Stoeiklub kan dalk later vanjaar Suid-Afrika in Egipte by die Afrika Kampioenskappe verteenwoordig.

Van die stoeiers is tans besig om vir die nasionale proewe, wat aan die einde van Maart in Pretoria plaasvind, voor te berei. Hiér kan die stoeiers vir die internasionale span kwalifiseer wat in die kampioenskappe in Egipte gaan deelneem.
Die klub het 15 nuwe lede ryker geword en bars tans uit sy nate. “Ons het goeie talent ingewin en ons is vreeslik opgewonde oor al die belangstelling in dié sport in die omgewing,” het die mediabeampte, Anita Steyn gesê.
Faantjie Steyn, Louwrens Erasmus en Justin-Ray Meyer het die afgelope naweek die provinsiale afrigterskursus in Witbank bygewoon.
Vir die wat graag wil aansluit, besoek hulle Facebook-blad of skakel Anita by 076-302-2774.

