Local news
Pizza, wyn en musiek saam met Mathys Roets
Laevelders het heerlik om 'n tafel gesit en na Mathys Roets geluister.
Die sanger, Mathys Roets, was Maandagaand terug in die Laeveld vir nog ‘n intieme vertoning. Laevelders het by Stefano’s bymekaargekom vir ‘n aand van musiek, pizza en wyn.

LEES OOK: Laat jou innerlike boekwurm uit tydens Boekenaweek
Die gaste het by ‘n langtafel aangesit, waar ou vriendskappe herleef het en nuwes gesmee is. Roets is bekend vir sy sielvolle vertolking van Leonard Cohen en Neil Diamond se musiek.

Die gehoor het hulle gunstelingliedjies saamgesing en Roets vir nóg gevra. Aanhangers sien reeds uit om hom weer in die Laeveld te verwelkom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
