Local newsNews

Die Laeveld is leeuwêreld

Stap of draf versigtig in Marlothpark - die leeus is weer terug.

Die karnivoorspan het onlangs weer ‘n waarskuwing uitgereik vir leeus in die park.

Gerrie Camacho, die MTPA se karnivoorspesialis, sê daar was aanvanklik ‘n wyfie met welpies, maar die mees onlangse besigtiging was ‘n enkelwyfie wat hy as ‘n rustige kat beskryf het.
Camacho sê dit is maar normale gedrag, omdat daar gedurende hierdie tyd baie druk op diere toegepas word rondom die rivier. Die park dien dan as ‘n tipe heenkome.
Op die Facebook-blad, MARLOTH PARK – Paradise on Earth, is mense gewaarsku om versigtig te wees tussen Volstruis-, Wildgoose-, Renoster- en Olifantstraat.
Veldwagters patrolleer die gebied om enige ander bewegings te bevestig.
Op dieselfde groep is inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Drawwers, stappers en fietsryers is gevra om die nodige sorg in die oggend en middag toe te pas. Ouers is ook aangeraai om kinders nie alleen te laat rondloop of speel nie.
Sou jy leeus êrens sien, verwittig onmiddellik een van die volgende persone:
• Veldwagters: 082 802 5894
• Nadine Edgecomb: 082 672 4545
• Gerrie Camacho: 082 353 9097
• Ernst Röhm/MTPA: 083 626 6309
• April Lukhele: 082 807 1057
• Jan Koekemoer: 063 053 7601.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button