Klassieke motors en gesinsvermaak wag by Bateleur Landgoed
Dit is weer tyd om ’n tree terug in die tyd te gee met Bateleur se motorskou.
Kom kuier op Saterdag, 22 Augustus, vanaf 09:00 by Bateleur Landgoed, net buite Mbombela, vir die gewilde Antieke & Klassieke Motorskou.
Gaan geniet ‘n unieke uitstalling van klasieke motors, unieke vragmotors, moderne motors, kos-en drankstalletjies, handgemaakte items, ‘n springkasteel vir die kinders en musiek kunstenaars!

Toegang is gratis, en donasies ten bate van SAVF Herfsakker is welkom.
Bateleur Landgoed bied die perfekte agtergrond vir ‘n onvergeetlike dag!
Besoek gerus ons webtuiste by www.bateleurestate.co.za of kontak ons op 079 155 1600.

Bateleur Motorskou
Datum: Saturday, 22 August
Tyd: 09:00 – 16:00
Venue: 1 Vinkelstraat, Bateleur Landgoed, Mbombela


