Editor's choiceGalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries

Hengelaars baljaar onder die visse

Sowat 30 bote het ingeskryf en met gunstige weerstoestande aan hulle kant het die hengelaars behoorlik onder die visse baljaar.

LYDENBURG – Groot pryse is die afgelope naweek tydens die agtste en laaste been van die Lowveld Bass Trail-reeks by die Kwena-dam losgeslaan.

Met lente in die lug was die manne oorgehaal was om sake langs viswaters uit te spook met die hoop om ‘n plek in die finaal in Oktober los te hengel.

Sowat 30 bote het ingeskryf en met gunstige weerstoestande aan hulle kant het die hengelaars behoorlik onder die visse baljaar.

Volgens Charl Carey van Angling & Outdoor World, het die swartbaars reeds begin beweeg na die vlakker water om gereed te maak vir die broeiseisoen en hoewel geen vis in hul broeiplekke gesien is nie, is blinklywe oral by die talle watergraskolle in 2- tot 3m waterdiepte aangekeer.

Met die Zoom Magnum Flukes in kleure “watermelon candy en watermelon red” asook “wit terminator spinnerbait “met koperkleurige Indiana Lemme as kunsaas, het hengelaars daarin geslaag om ‘n totaal van 129 visse uit die water te trek wat die skaal eindelik op 121.985kg laat lstaan het.

Die grootste vis het aan Michael Cronje van die span Angling & Outdoor World behoort met ‘n gewig van 2,415 kg.

BLOK

Uitslae

1ste: Angling & Outdoor World met vyf visse. 8,980 kg. 15.980 punte: R5 000 kontant

2de: Stokstyf met 5 visse. 7,435 kg. 14.435 punte: R3 000 kontant

3de: Ambassadors met 5 visse. 6,620 kg. 13.620 punte: R2 000 kontant geborg deur Union Motors Nelspruit.

4de: Rugged met 5 visse. 6,595 kg. 13.595 punte: twee ketelbraaiers geborg deur Midas.

5de: Thermocline met 5 visse. 5,795kg. 12.795 punte: twee R500 koopbewyse geborg deur Midas.

Span Angling & Outdoor World het die potprys van R1 500 kontant gewen vir die grootste baars van 2,415 kg.

Span Stokstyf het ‘n koopbewys ter waarde van R400 losgeslaan wat geborg is deur Wittus Angling Store met die tweede grootste baars van 2,365kg

BLOK 2

Die volgende spanne sal in Oktober deelneem aan die finale reeks by Maguga-dam en is aangewys as die top bote na agt kragmetings.

1. Angling & Outdoor World

2. Hazyview Midas

3. Thermocline

4. Go Fa

5. Brayshaw Filtration

6. Midas Sport

7. Imbongolo

8. Aligators

9. Pumba

10. Bullet

11. Boeta

12. Chomp

13. Rugged

14. Passion For Bass

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button