Community galleriesGalleries

Die gras is groener vir Betty’s Haven

Boereworsbroodjies, roomys, 'n nuwe grasperk en nuwe plaveisel. Betty's Haven het Vrydagmiddag baie gehad om te vier!

MBOMBELA – Betty’s Haven, ‘n nieregeringsorganisasie wat aan 30 weeskinders ‘n tuiste bied, het Vrydagmiddag heerlik saam met lede van die Demokratiese Alliansie (DA) feesgevier. Daar was baie om te vier – ‘n splinternuwe grasperk en nuwe plaveisel het binne twee weke die rooi grond op die erf vervang.

Werner le Grange, DA-raadslid vir onder andere Nelsville, het Betty Mandlazi aan die begin van April genader en gevra of die huis enigiets benodig. “Ek het gesê dat plaveisel en gras vir ons ‘n groot bate sal wees.” Die DA het aan die werk gespring om dinge te laat gebeur en ons kan nou, minder as ‘n maand later, met nuwe plaveisel en ‘n grasperk spog. Dis wonderlik!”

Verskeie DA-raadslede het Vrydagmiddag se feestelikheid bygewoon en die vrolike atmosfeer was aansteeklik toe daar ‘n blou lint dwarsoor die plaveisel gespan en gesny is. “Ja-nee, dis ‘n groot storie hierdie! ‘n Amptelike lintsnyery is ‘n móét!” het Sanley van der Merwe laat hoor. Hierdie eer het Sonja Boshoff, die party se adjunkleier vir Mpumalanga, te beurt geval. Boereworsbroodjies en roomys is hierna geniet. Daarna is daar lekker gedans en geklets totdat die skemer nadergekruip het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button