Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Daar is nog tradisie in die park

MARLOTHPARK – Dit was omtrent ‘n gesoek na iemand in tradisionele drag wat Erfenisdag in Marlothpark vier. Daar is uiteindelik darem twee tradisievaste manne by die Marlothi-sentrum opgespoor. Ons korrespondent reken die rede hoekom daar so min mense op straat was, is omdat die braaivleisvure al van baie vroeg af gebrand het. Erfenisdag in Suid-Afrika is …

MARLOTHPARK – Dit was omtrent ‘n gesoek na iemand in tradisionele drag wat Erfenisdag in Marlothpark vier. Daar is uiteindelik darem twee tradisievaste manne by die Marlothi-sentrum opgespoor. Ons korrespondent reken die rede hoekom daar so min mense op straat was, is omdat die braaivleisvure al van baie vroeg af gebrand het. Erfenisdag in Suid-Afrika is immers ook Nasionale Braaidag. Die sosiale media het omtrent gegons en foto’s van vure met tjoppies, wors en natuurlik braaibroodjies was oral te sien. Ons hoop almal het die dag saam met familie en vriende gate uit geniet en vertrou dat almal wat in Marlothpark kom kuier het, weer veilig terug by hulle woonplekke is. Volgende jaar maak ons beslis weer so.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button