GalleriesSchool sportSchools galleriesSport

Wedywering bou lekker sportmangees

Twee BHS netbalspelers, Lindelwa Ntuli o/14 en Karilota Zulu o/17, is tydens die finale Mpumalanga-proewe, wat oor die naweek in Witbank plaasgevind het, gekies vir die Mpumalangaspan.

BHS het op Donderdag gasheer gespeel vir ‘n wintersportdag met Lowveld High as besoekende skool. Vanaf 14:00 was dit ‘n miernes van bedrywigheid op die rugby- sowel as hokkievelde en, volgens die hoof van BHS Pieter Ferreira, het daar wonderlike spangees geheers.

“Die dag het nie soseer gegaan oor wen of verloor nie, maar dit was ‘n geleentheid vir die kinders om goeie ondervinding op te doen. Veral die jonger spanne het die kans gekry om hul spel te bou vir die toekoms.”

Rugby:
• O/14 wen 7-5. Speler van die wedstryd – André de la Rey
• O/15 verloof 5-12. Speler van die wedstryd – Mpendulo Thela
• O/16 wen 29-24. Speler van die wedstryd – Pat Sevenster.
Hierdie span was tot dusver onoorwonne.

Die tweede span wen met 19-12 en speler van die wedstryd was Moduping Makola.
BHS Quality Panel Beaters Eerste span verloor 19-5. Speler van die wedstryd – Siphesihle Mkawane.

Hokkie:
• O/14 verloor 0-4. Speler van die wedstryd – Nicole Nthako
• O/15 wen 4-0. Speler van die wedstryd – Zama Sibiya
• O/16 wen 2-0. Speler van die wedstryd – Cindi Voster.

Die tweede spanne van beide skole het geen punte aangeteken nie en speler van die wedstryd was Buhle Nkambule.
Die BHS Barberton Ford eerste span verloor teen Lowveld High met 0-10. Speler van die wedstryd was Jessica Mwale.

Die dag het omstreeks 17:30 tot ‘n einde geloop en Ferreira het hartlik dankie gesê aan Lowveld High wat die moeite gedoen het om so kort na die vakansiedag deur te ry.

Twee BHS netbalspelers, Lindelwa Ntuli o/14 en Karilota Zulu o/17, is tydens die finale Mpumalanga-proewe, wat oor die naweek in Witbank plaasgevind het, gekies vir die Mpumalangaspan.
Dit is ook die derde keer wat Zulu Mpumalanga-kleure behaal het. Baie geluk aan hierdie twee dogters!

Fotos: Pieter Ferreira

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button