Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Hier kry jy ‘n biefstuk perfek gaargemaak

The Crafty Butcher het hierdie naweek net weer bewys hoekom hy een van die topbestemmings in die Laeveld is.

MBOMBELA – Athol Smith, mede-eienaar van onderneming, vertel hoe hierdie idee van ‘n slaghuis met ‘n restaurant ‘n jare lange droom was wat ongeveer twee maande gelede verwesenlik is.

As bosbouer het Athol nog altyd ‘n liefde en talent gehad om vleis goed voor te berei. Met sy gesellige natuur het hy sy vriende gereeld bederf met ‘n ordentlike biefstuk wat perfek gaargemaak is.

Nou kan Nelspruiters ook in sy bederf kom deel. As bosbouer het hy al op aardige plekke gewerk en geleer hoe goeie kos ‘n man se gemoed kan lig as die skote om jou klap. Nou dat hy terug is in Suid-Afrika, wil hy hierdie kennis gebruik om die Laevelders tot nuwe hoogtes aan te spoor.

Om ‘n fees voor te berei, is sy passie, daarom gaan hy uit sy pad om elke geleentheid te gebruik om sy gaste te bederf.

Manie Jackson en sy verloofde duetmaat, Angel de Lange het The Crafty Butcher se gaste kom vermaak. Hulle het BZN, Bonnie Tyler, Dollie Parton, Jody Wayne, Barbara Ray, Tommy Dell en menig ander ou legendes se liedjies van voor af soos blitsverkopers laat klink.

Die Laeveld was warm en die voggehalte hoog, maar dit het nie die mense afgeskrik om ‘n Sondagmiddag te kom geniet met lekker kos, goeie geselskap en nog beter musiek nie. Manie het ook van sy nuwe liedjies op sy jongste album gesing.

The Crafty Butcher hou gereeld sulke geleenthede in samewerking met Victor Bridges van Mobipaid, waar goeie vermaak met lekker kos gepaard gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button