Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Long John gaan Innibos toe

John Buitendach het bekendheid verwerf toe 'n video van hom wat 'n treffer van die Zack Brown Band sing, hom verlede maand meer as 14 000 kyke in een week in die sak gebring het. Dit staan tans op 35 000 kyke en groei daagliks.

MBOMBELA – Die plaaslike musikant wat oornag ‘n internetsensasie geword het, Long John, is in sy noppies nadat hy ingelig is dat Innibos se bestuur hom ‘n kans gaan bied om tydens die fees op te tree.

Lees ook: Volgende stap in Mienke se herstelproses steeds onseker

Die 36-jarige sanger moet vir die volle duur van die fees wat van 27 tot 30 Junie vanjaar plaasvind, beskikbaar wees. “Hoewel sy optredes sonder betaling sal geskied, bied ons vir hom ongelooflike blootstelling van ses optredes van 30 minute elk op verskeie verhoë,” het Innibos se Adelene Niehaus gesê.

Lees ook: Jagter van die jaar deel sy kennis

Die optreetye en waar hy presies te siene sal wees, sal later bekendgemaak word.

John het Laevelder bedank vir die blootstelling wat tot dusver aan hom gebied is.

Lees ook: Wife charged with conspiracy to kill husband

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button