Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Ohrigstad spog met sy heel eerste braaifees

Ohrigstad het vir die eerste keer hulle eie fees gehad. Kinders en volwassenes het hulself vreeslik geniet tydens hierdie braaifees.

OHRIGSTAD – Saterdag is ‘n groot makietie gehou by die heel eerste Ohrigstad-braaifees.
Daar was vermaak vir klein tot groot, oud en jonk. Die jonklomp kon in hulle baaikostuums op verskeie glybane baljaar terwyl ma en pa besig was om ‘n heerlike drankie te geniet en na goeie musiek te luister. Die fees wat by

Lamb & Ale gehou is, was verseker vir hierdie dorp iets nuuts, en iets om na uit te sien.
Uitstallers het vroegoggend gereed gemaak vir die skare mense wat verwag is. Daar was fraai goedjies te koop, sowel as lekkernye om elke soettand te bevredig. Oral het kinders rongehardloop met snaaks geverfde gesigte.

Frans Briel het die gehoor bederf met sy mooi stem. Tussenin is lekker skoffelmusiek gespeel wat die voete sommer laat jeuk het.
Die vure is om 14:00 aangesteek, en dit was tyd vir braai. Pap en sous is verskaf en elke persoon kon sy eie vleis braai.

Armand Hofmeyr het later die aand opgetree en almal het lekker saamgesing. Die partytjie het tot ounag aangehou met ‘n lekker opskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button