GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Sprokie skoonheid by matriekafskeid

Die beste voetjies is verlede Donderdag voorgesit toe die matrikulante van Hoërskool Lydenburg op die tapyt kon spog met die mooiste rokke en deftigste pakke vir die grootste gebeurtenis tydens hul skooljare - die matriekafskeid.

Die gr. 11-leerders en hul ouers het vanjaar die organisering en aanbieding van die afskeid gereël, wat met baie beplanning en toegewydheid gepaardgegaan het.

Lees meer matriekafskeid nuus

Die tema vir vanjaar was “deep majestical wonderworld under the sea”. Die matriekafskeid is een van die grootste gebeurtenisse op Lydenburg se sosiale kalender.

Groot afwagting is gemaak by die skouspel wat jaarliks voor die afskeidgeleentheid by @Boshoek op die rugbyveld plaasvind. Die tapyt word vir die paartjies uitgerol en ouers, vriende, familie en nuuskieriges kry dan die geleentheid om teen ‘n minimale betaling op die paviljoene die aankoms van die gr. 12’s met spoggerige voertuie gade te slaan en die uitrustings van nader te beskou.

Nog matriekafskeid nuus

Die skool bedank al die borge wat vanjaar se asemrowende nag onder die see ondersteun het. ‘n Spesiale woord van dank aan Natasha van Aardt en haar span wat vir die dekor verantwoordelik was.

Back to top button