Planne vorder goed vir Bishop’s Leefstyl Landgoed
LYDENBURG – Die dorp se oumense sal nie langer hoef weg te trek nie, want as alles volgens plan verloop, sal bouwerk aan die Bishop’s Leefstyl Landgoed al in die nuwe jaar begin. Sodra die eerste veertig erwe hoog bo in die Sterkspruit-ontwikkeling base gekry het, kan die ontwikkelaars begin sooie spit. Daar was groot …

LYDENBURG – Die dorp se oumense sal nie langer hoef weg te trek nie, want as alles volgens plan verloop, sal bouwerk aan die Bishop’s Leefstyl Landgoed al in die nuwe jaar begin.
Sodra die eerste veertig erwe hoog bo in die Sterkspruit-ontwikkeling base gekry het, kan die ontwikkelaars begin sooie spit.
Daar was groot opwinding onder die bywoners van Pam Golding se tweede inligtingsvergadering wat onlangs in die NG Suid-saal gehou is.
Ontwikkelaars mnr. Martiens van der Merwe en mnr. Dave Hinton het vrae oor pryse van die eenhede en die tydsraamwerk van hierdie ontwikkeling, beantwoord.
Martiens het bevestig dat die ontwikkeling van die privaathopsitaal deur Nozala Health Partners, nog op koers is.
Planne is binne die verlangde tydperk by die provinsiale owerhede ingedien. Verdere onderhandeling met Lydenburg se mediese praktisyns is ook nog in die pyplyn.

Konsultant mnr. Eben Muller het verduidelik dat die ontwikkeling vir tuisversorging en uiteindelike verswakte sorg voorsiening maak.
Daarom koop mense ‘n mandjie van dienste en nie net ‘n deeltitel-eiendom nie.
Die terrein is reeds met aanduiding van paaie voorberei.
Tydens ‘n terreinbesoek het enkele voornemende eienaars reeds hul erwe bespreek.
Volledige planne is beskikbaar by die Pam Golding-kantoor.
Skakel Gerda Whitehorn op 079-515-7799 or gerda.whitehorn@pamgolding.co.za of Ilse Erasmus op 084-620-5025.
Die volgende vergadering word vir vroeg in Oktober beplan maar intussen kan belangstellendes hul name op die databasis laat plaas vir ‘n maandelikse nuusbrief.
