Hard newsNewsNews

Mbombela bevestig huis is ‘onbewoonbaar’

Die munisipaliteit bevestig dat die woning waaruit huurders op Maggiesdal onlangs uitgeset is, nie vir gebruik geskik is nie.

NELSPRUIT – Nadat huurders in een van die munisipaliteit se huise op Maggiesdal onlangs ‘n uitsettingskennisgewing ontvang het, het mnr. Joseph Ngala, woordvoerder van die munisipaliteit, bevestig dat die woning nie geskik vir gebruik is nie.

Lede van mnr. Pieter Kruger se huis-houding het vroeër by die koerant gekla na hulle met die opsigter, mnr. Martien Roberts haaks geraak het en was bekommerd dat die uitsetting as gevolg daarvan was. Ngala het dié aantygings egter ontken.

“Daar is baie ernstige strukturele foute aan die mure en die vloer en dit is nie geskik vir menslike bewoning nie,” het hy gesê. “Die bestuur is ongelukkig met dié probleme aan die huis wat die lewe van die inwoners bedreig. Die pakhuis wat daar aan vas is, is besig om te sink en druk op die huis.”

Die inwoners was egter skepties nadat die Roberts die huis vroeër daardie week geverf het. Ngala het verduidelik dat hy nie van die bestuur se besluit bewus was nie.

“Die seniorbestuur van die munisipaliteit behartig die algehele bestuur van die plase. Hulle besluite vervang enigiets wat die opsigter mag doen, soos die mure verf,” het Ngala gesê.

In Junie is besluit dat ‘n opname van al die huise gedoen moet word om te bepaal wat hul toestand is en om nuwe huurooreenkomste op te stel. “Hierdie opname is aangaande. “Die resultate sal gebruik word om verdere besluite te neem,” het Ngala gesê.

Hy het daarop gewys dat selfs al word die huurooreenkomste tans hersien, die voriges nie nietig is nie en mense moet steeds hul huurgeld betaal.

Mnr. Hannes de Kock, DA-raadslid, het bevestig dat die opsigter se magte beperk is. “Die daaglikse administrasie en beheer van die raad se huise by Maggiesdal is ‘n saak vir die menslike

nedersettings en behuising departement van Mbombela,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button