Local newsNewsNews

AWB nog lewendig in Laeveld

Die AWB is nog aktief in die Laeveld en lede is onlangs op Nelspruit deur die nasionale leier toegespreek.

NELSPRUIT – Leer mekaar ken. Dit sal ‘n deurslaggewende rol speel in die oorlewing van wit mense in Suid Afrika. Dit is deel van die boodskap wat op 5 September deur die nasionale leier van die AWB aan sowat 40 mense oorgedra is by Oewersig.

Mnr Steyn van Rönge het meerendeels die tema van verlede jaar se vergadering herhaal, naamlik dat die land op die drumpel van anargie staan, en dat die enigste redding vir die Afrikaner in verootmoediging lê.

Die dreigende anargie is afkomstig van die groot getalle werklose jeug in die land, volgens van Rönge. Hy het verskeie statistieke oor sogenaamde ‘swart op wit’ geweld met die vergadering gedeel. Georganiseerde misdaad, dwelmmisbruik, die ontwapening van wit mense, plaasanvalle, die agteruitgang van infrastruktuur, staatskorrupise en stakings is onder meer ook uitgewys as onmiddelike bedreigings volgens die party.

“As ons mekaar nie ken nie, hoe gaan ons mekaar kan help?” het die leier gevra met spesifieke verwysing na die dag wanneer grootskaalse onrus gaan uitbreek. Hy het ander organisasies en politieke partye uitgenooi om die AWB, die tweede oudste weerstandsbeweging in die land, te leer ken.

Lede van die AWB ontvang opleiding in selfbeskerming vanaf ‘n geregistreerde sekuriteitsfirma en word deel van die brandwagstelsel. Hierdie stelsel werk deur middel van ‘n nood-sms wat na lede in ‘n spesifieke area gestuur word tydens ‘n noodgeval.

Verwysing na nuwe verwikkelinge in die party sluit in die stigting van ‘n watervleuel en ‘n museum van kultuurhistoriese belang vir Afrikaners.

Die plaaslike offisier vir Oos-Transvaal, mnr Coen Strydom het die vergadering gelei en sy misnoë uitgepsreek daaroor dat Afrikaners in vrees moet lewe en gedreig word deur die beleid van ‘n “verraderlike regering.”

Meer inligting oor die party kan gevind word op hul webtuiste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button