NELSPRUIT – Mnr. Cat Smit en me. Carmen Brown wat van poging tot moord aangekla word nadat hulle
mnr. Panner Cronje by ‘n vulstasie aangerand het, het Vrydag weer vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die voorval het op 4 Julie plaasgevind en is op kringtelevisiekameras vasgelê. Hierop kan duidelik gesien word hoe Smit vir Cronje herhaaldelik slaan en skop. Hy is langer as ‘n maand in die intensiewesorgeenheid behandel voordat hy ontslaan is.
https://www.youtube.com/watch?v=l06qgXSjyuA&feature=youtu.be
‘n Privaat-ondersoeker, mnr. Leon Brand, help die polisie in hulle ondersoek. Hy het by navraag gesê dat die beeldmateriaal na verwagting hierdie week aan die staatsaanklaer gewys sal word. Hy het bygevoeg dat nog mense moontlik aangekla kan word.
Smit en Brown moet op 23 Oktober weer in die hof verskyn.
