CrimeNewsNews

Ooggetuie se inligting lei to arres

Flink optrede deur die ooggetuie lei tot die arrestasie van twee verdagtes in 'n moontlike huisbraak.

NELSPRUIT – Flink optrede deur ‘n ooggetuie van ‘n moontlike huisbraak het Maandag tot die arrestasie van twee verdagtes gelei.

Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit is die middag deur ‘n lid van die publiek gebel. Die man het glo gesê dat hy gesien het hoe twee verdagtes goedere uit ‘n huis in West Acres dra en op ‘n klein wit bakkie laai.

Die voertuig het glo nie nommerplate gehad nie. Die verdagtes het na bewering die agterdeur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry.

Volgens mnr. Vernon Lancaster, algemene bestuurder van Hi-Tech Sekuriteit, was hul reaksiebeamptes binne drie minute op die toneel, maar die verdagtes het teen dié tyd al met hul buit op die vlug geslaan. Volgens die ooggetuie het hulle glo in die rigting van die mark gery. Lancaster het vertel dat hulle onmiddellik hul N4 patrol-voertuig in kennis gestel het.

Dié het met bystand van die reaksiespan kort daarna die verdagtes vasgetrek. Die mans het na wat verneem word ‘n HP-skootrekenaar en groot Samsung-platskermtelevisie in hul besit gehad.

Die eienaar van die goedere, me. Libby Malherbe het na die tyd op Hi-Tech se Facebook-blad geskryf en die maatskappy bedank: “Dit is nie maklik om in Pretoria te sit en jou suster bel om te sê daar is mans wat jou goed in ‘n bakkie laai nie,” het sy geskryf. “Ek het so magteloos gevoel.”

Volgens Lancaster benodig inbrekers so min tyd om hul ding te doen, dat enige en alle inligting noodsaaklik is vir die maatskappy om op te volg. “As ons nie weet waarmee hulle weg is nie, hoe vang ons hulle? Die inligting is so belangrik en hoe vinniger ons kan opvolg, hoe beter.”

Noodgevalle: Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit by 013-752-4470.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button