CrimeLocal newsNewsNews

Man met dwelms in gesteelde motor betrap, weer in hof

Hossel sal onder andere op klagtes van die neem van 'n motor sonder die eienaar se toestemming, asook die besit van dwelms, in die Nelspruit-hof verskyn.

NELSPRUIT – ‘n Man wat na bewering met dwelms in ‘n gesteelde motor betrap is, sal op 1 Oktober weer in die hof verskyn.

Mnr. Zane Hossel (27) is sedert sy arrestasie in polisie-aanhouding.

Hossel sal onder andere op klagtes van die neem van ‘n motor sonder die eienaar se toestemming, asook die besit van dwelms, in die Nelspruit-hof verskyn.

Tydens sy arrestasie het mnr. Jacques Meiring, operasionele hoof van Bossies’ Community Justice, saam met reaksiebeamptes van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, blykbaar R700 kontant aan Hossel se persoon gevind, asook twee sakkies wat vermoedelik kokaïene bevat het en twee pakkies wat Meiring vermoed het CAT was.

Hossel se werkgewer se kredietkaart en bestuurslisensie is ook blykbaar in sy besit gevind. Meiring het ‘n pypie gevind wat moontlik gebruik is om van die kokaïene te snuif. Hy het vermoedelik dié betrokke oggend eers na ‘n Nigeriër, mnr. Destiny Ordo (27) se huis gery, waar hy waarskynlik die dwelms bekom het. Hossel het Hi-Tech en Meiring na die Nigeriër – wat amnestie in Suid-Afrika kom soek het – se huis in Plaston geneem waar hulle die man opgespoor het.

Ordo se huis is deursoek en Hossel se werkgewer se skootrekenaar en sleutels vir ‘n motor op sy werkgewer se erf, is blykbaar gevind. ‘n Kredietkaart wat aan ‘n mnr Masher behoort en ‘n klein skaaltjie wat gebruik word om dwelms af te meet, is ook blykbaar daar opgespoor.

Hossel en Ordo het albei in Nelspruit in die hof verskyn. Ordo is op R3 000 borg vrygelaat en hy en Hossel se saak sal vroeg volgende maand weer voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button