Local newsNewsNews

Laerskool sê dankie

LYDENBURG – Na harde werk, lekker lag en ‘n vol program waarna daar so lank uitgesien is, het Laerskool Lydenburg se Taxi vol drome-konsert onlangs tot ‘n einde gekom. “Die produksie was ‘n reusesukses en ons het soveel om voor dankbaar te wees,” word uit byna elke oord gehoor. Die skool maak graag van die …

LYDENBURG – Na harde werk, lekker lag en ‘n vol program waarna daar so lank uitgesien is, het Laerskool Lydenburg se Taxi vol drome-konsert onlangs tot ‘n einde gekom. “Die produksie was ‘n reusesukses en ons het soveel om voor dankbaar te wees,” word uit byna elke oord gehoor.

Die skool maak graag van die geleentheid gebruik om eerstens dankie te sê aan die Hemelse Vader vir die geleentheid wat die kinders gebied is om hulself op die verhoog te kon uitleef. Dit is net genade dat hulle so ‘n produksie op die planke te kon plaas. Verder bedank hulle ook elke personeellid wat ‘n passie het vir die onderwys en wat hulle alles gegee het.

Die hoof, mnr. Cornelus Lemmer het namens homself en die komitee gesê: “Julle is ongelooflik spesiaal. Aan elkeen wat deelgeneem het, dankie vir julle entoesiasme en deursettingsvermoë. Julle is die beste asook die admin-personeel vir al die geduld met al die konsertgeld, kaartjies en telefoonoproepe.

“Dankie ook aan Dina Nel van AGWJ Drukkers vir die pragtige programme. Dit het die konsert so mooi afgerond. Jou lojale ondersteuning lê ons baie na aan die hart. Aan Kathy en haar span vir die snoepie elke aand asook die hulp met die personeel se kos. Dankie aan juffroue Koba en Marinda wat elke aand gesorg het dat die personeel versadig en verkwik is. Dit was heerlik,” het Lemmer verder gesê.

“Baie dankie aan al die ouers wat hul kinders heen en weer gery het. Vir al jul ondersteuning en motivering sê ons baie dankie. Aan al die mammas wat gehelp het met die grimering en toesig in die aande tydens die optredes – julle het ons hande sterk gemaak en ook aan dié wat gehelp het met die maak van die klere, ‘n groot dankie. Julle is die sterre wat in ons konsert geskitter het. En laaste, maar nie die minste nie, ‘n groot dankie aan die Lydenburg-gemeenskap wat elke aand die saal vol gesit het om die kinders te ondersteun. Sonder julle was die laerskool se Taxi vol Drome nie so ‘n reusesukses nie,” het Lemmer afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button