VREEMDE SLANG IN LYDENBURG
LYDENBURG – Daar word van tyd tot tyd vreemde dinge in die natuur opgemerk. Dit is onlangs plaaslik waargeneem dat daar sulke verskynsels voorkom. ‘n Vreemde slang is onlangs buite Lydenburg gevind wat kenners behoorlik laat kopkrap het om dié reptiel te identifiseer. Volgens plaaslike reptielkenner, mnr. Neels Bothma is dit egter nie vreemd dat …
LYDENBURG – Daar word van tyd tot tyd vreemde dinge in die natuur opgemerk. Dit is onlangs plaaslik waargeneem dat daar sulke verskynsels voorkom.
‘n Vreemde slang is onlangs buite Lydenburg gevind wat kenners behoorlik laat kopkrap het om dié reptiel te identifiseer. Volgens plaaslike reptielkenner, mnr. Neels Bothma is dit egter nie vreemd dat albino diere en reptiele in die natuur voorkom nie. Tog bly dit vreemd en interessant hoe dit gebeur. “Dié albino slang is hier gevind, en dit is ‘n eerste waarvan ons weet,” se Bothma.
Vir dae is daar bespiegel oor die klassifikasie van dié slang en uiteindelik het Bothma laat weet dat dit moontlik ‘n albino wipneusnagadder is. “Hulle is skaars en word selde gedokumenteer. Kenners reken dis die helder kleur wat dié reptiele opsigtelik maak en veroorsaak dat hulle makliker deur prooidiere gevreet word.”
Hy meen dat albino afwykings veroorsaak word deur die gene van die ouers. “In die volwasse diere is sekere gene wat dominant is. Wanneer die ouers paar, word hierdie gene oorgedra na die kinders. Sou daar albino-gene in’n dier wees wat dominant is, word dit sigbaar by die kleintjies. Sou daar dominante gene in albei ouers wees, word die kleintjies gebore met hierdie kleurafwykings,” verduidelik Bothma.
Hy sê dat al veskil hulle oppervlakkig van kleur, bly dit dieselfde dier met dieselfde eienskappe. “Hier is dan ook die bewys dat slange nie aan die kleur van die vel uitgeken kan word nie. Eienskappe soos skubtelling, koppatrone, tande, en lyfskubbe moet gebruik word om slange te identifiseer. Met kleurafwykings is dit moeiliker, want die kleur van die reptiel is verwarrend en bogenoemde metodes maak dan die verskil.”
Normal
0
false
false
false
EN-ZA
X-NONE
X-NONE
/* Style Definitions */
table.MsoNormalTable
{mso-style-name:”Table Normal”;
mso-tstyle-rowband-size:0;
mso-tstyle-colband-size:0;
mso-style-noshow:yes;
mso-style-priority:99;
mso-style-parent:””;
mso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt;
mso-para-margin:0cm;
mso-para-margin-bottom:.0001pt;
mso-pagination:widow-orphan;
font-size:11.0pt;
font-family:”Calibri”,”sans-serif”;
mso-ascii-font-family:Calibri;
mso-ascii-theme-font:minor-latin;
mso-hansi-font-family:Calibri;
mso-hansi-theme-font:minor-latin;
mso-fareast-language:EN-US;}
