Local newsNewsNews

Rommelverwydering bly ‘n kopseer

Diens is veronderstel om 'n positiewe impak te hê op die persoon of persone aan wie dit gelewer word.

NELSPRUIT – Dienslewering -‘n feitlik ongekende woord in Suid-Afrika.

Diens is veronderstel om ‘n positiewe impak te hê op die persoon of persone aan wie dit gelewer word. Dit behoort mense se begrip van die wêreld waarin hulle tuisgaan te veraangenaam en te verbeter…

Sowat drie weke gelede het Mbombela Munisipaliteit woongebiede in walglike omstandighede gelaat nadat hulle in sommiges meer as twee weke laas rommel verwyder het.

Laevelder is bewus van ‘n hele paar rommeltrokke wat onderskeidelik by Union Motors, DMac Hydraulics & Engineering en by Khoya Umoya Industriële gebied gediens word.

Woordvoerder van die munisipaliteit, me. Bessie Pienaar sê dat nege kompakteertrokke en een viertonner een keer ‘n week die vullis in Nelspruit verwyder.

Sewe van hulle het in Union Motors se gebou gestaan. Die diensbestuurder van die motormaatskappy, mnr. Riaan Gomes noem dat hulle ‘n kontrak van 30 dae met die munisipaliteit sluit. “Ons volg die regte prosedure – die probleem lê nie by ons nie. Ons hou die trokke terug, omdat ons nie binne daardie 30 dae enigsins betaling ontvang nie. Die proses kan tussen vyf en 196 dae neem.”

Pienaar meen egter dat dit ‘n standaard norm is om sodra die trokke gediens is, die verskuldigde bedrag binne 30 dae te betaal.

Danksy die berig wat op 16 September in Laevelder oor dié kwessie geplaas is, is daar al drie trokke uit, drie ander se diensfooie is ontvang en daar word nog vir een gewag.

Drie voertuie staan in die industriële gebied. Daar is geen aanduiding wat die onderneming se naam is nie. Volgens een van die sekuriteitswagte, is die besigheid se naam Spark Light Gearboxes. Dit lyk nie of daar aan die trokke gewerk word nie.

‘n Verdere drie word deur DMac gediens. “Die munisipaliteit vat baie lank om ‘n betaling deur te stuur. Een van hulle trokke staan nou al langer as ‘n jaar hier by ons,” het een van die werknemers, wat nie haar naam bekend wou maak nie, gesê.

Inwoners was woedend toe daar in sommige woongebiede geen vullis verwyder is nie en het geweier om die maandelikse tarief van onderskeidelik R129,18 en R107,45 vir woongebiede en komplekse te betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button