Mediese hulp vir liewe Rosie
Klein Rosie van Sabie kan 'n goeie huis kry maar haar mediese rekening is nog hoog.
SABIE – Rosie se lewe is wel gered, maar haar mediese onkoste staan digby die R9, 000. Elsie van Douwe van Harmony Hill het haar in Julie oor die Fox terrier kruis, wat aanhoudend deur groter honde gebyt is, ontferm. Sy het Sabie Pro Life Pet Rescue in kennis gestel en Annelize Cloete het die diertjie na Dr Natli Rouvoet geneem om te steriliseer.
Dr Rouvoet het bepaal dat Rosie se agterbeen so sleg gebreek is dat ‘n gewone spalk nie sou deug nie. Sy het self met Rosie deurgery na West Acres Dierehospitaal om ‘n Type II Kirschner Repair operasie uit te voer –hierdie tipe operasie benodig ‘n opgeleide assistent.
Rosie het nou ses penne in die been en die totale koste van die x-strale, operasie en medikasie en hospitalisasie beloop al R9,000.
Janine Knox het vir Rosie ingeneem om haar te versorg, en het so geheg geraak aan die skaam, liefdevolle hond dat sy onlangs besluit eh tom haar aan te neem.
“Rosie trap nog nie op haar been nie so verdere x-strale sal geneem moet word om vas te stel of die been aangegroei het. Rosie is n dierbare, liefdevolle hond,” sê Cloete.
Volgens Debbie Möller benodig Sabie se tak van Pro Life Pet Rescue en Rehabilitation dringend fondse om die probleme met diere in die dorp en omliggende gebied aan te spreek.
Enige persone wat kan bydra tot die mediese rekening van Rosie of ander soortgelyke gevalle in die ongewing kan kontak maak met Cloete by 084-764-9066.