CrimeLocal newsNewsNews

Vandale teiken besighede

"Die verf kan nie afkom nie en ons sal die bord nou moet vervang,” meen Schoeman.

LYDENBURG -Verskeie besighede in die dorp het die afgelope naweek onder vandale deurgeloop. Martin’s Funerals in Potgieterstraat se naambord is een van die wat onder ‘n verfgeweer oftewel “paintball gun” deurgeloop het.

Volgens mnr. Jan Schoeman van dié onderneming moes die insident vroeg Saterdagoggend plaasgevind het. “Ons was by ‘n braai die Vrydagaand en toe ons Saterdagoggend oopsluit is ons onkant gevang deur die skade op die bord.Dit is simpel en onnodig. Die verf kan nie afkom nie en ons sal die bord nou moet vervang,” meen Schoeman.

Dit wil voorkom asof ander besighede ook deurgeloop het. Draaikewers-woonstelle se vensters is ook geteiken.

“Diegene wat verantwoordelik is vir die skade moet net laat weet as hulle op ons voorstoep wil speel,” het Schoeman se vrou, Elmarie, laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button