CrimeNews

Meer as 700 renosters nou al vir hulle horings gestroop

Daar is nou al 725 renosters gestroop, 444 hiervan in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW)

SKUKUZA – Renosterstropery het ‘n nuwe hoogtepunt, oftewel ‘n laagtepunt bereik, deurdat daar nou al meer as 700 renosters hierdie jaar vir hulle horings afgemaai is.
Die departement van omgewingsake het gister laat die nuutste syfers bekend gemaak. Daar is nou al 725 renosters gestroop, 444 hiervan in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW). Intussen veg veldwagters, polisiemanne, weermagsoldate en staatsaanklaers onverpoosd om dit te probeer hokslaan.
Die minister, me. Edna Molewa, het dan ook die polisie geloof omdat hulle Maandagaand vyf vermeende stropers by die Rietvlei-reservaat aangekeer het. “Suid-Afrika kan nie langer gyselaar gehou word deur sindikate wat ons renosters stroop nie,” het sy gesê. Dit bring die totaal verdagtes wat hierdie jaar gearresteer is vir vermeende renosterstropery, op 228 te staan.

Back to top button