CrimeLocal newsNewsNews

Skêrsaak beskuldigde eersdaags weer in hof

NELSPRUIT – Die beskuldigde in die berugte skêrsaak, soos dit in die media bekendgeword het, sal op 18 Oktober weer in die plaaslike hof verskyn. Mnr. Francois Steynberg word daarvan aangekla dat hy ‘n sewejarige kind na bewering seksueel gemolesteer en daarna glo wreed aangerand en met ‘n skêr keel-af probeer sny het. Hy word …

NELSPRUIT – Die beskuldigde in die berugte skêrsaak, soos dit in die media bekendgeword het, sal op 18 Oktober weer in die plaaslike hof verskyn.

Mnr. Francois Steynberg word daarvan aangekla dat hy ‘n sewejarige kind na bewering seksueel gemolesteer en daarna glo wreed aangerand en met ‘n skêr keel-af probeer sny het. Hy word ook daarvan aangekla dat hy op dieselfde aand van die beweerde voorval sy skoonsuster, me. Magda Steynberg met ‘n skêr in die bors gesteek het.

Steynberg moes verskyn op die drie klagtes naamlik aanranding met die opset om ernstig te beseer, poging tot moord en verkragting. Met een van sy vorige hofverskynings het sy verdediging ‘n aansoek om ontslag op al drie klagtes gebring nadat die staat hul saak gesluit het.

Die staat het die aansoek in terme van die eerste twee klagtes teengestaan, maar het nie die een teen die klag van verkragting teengestaan nie. Die slagoffer (nou 10) wou nie oor betasting getuig nie.

Die saak is toe na 30 Oktober uitgestel vir die landdros se uitspraak en hy het die verdediging se aansoek om ontslag op die derde klagte (verkragting) toegestaan. Hy het dit volgens Artikel 174 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 gedoen wat onder andere lees: “Accused may be discharged at the close of the State’s case for the prosecution if the court is of the opinion that there is no evidence that the accused committed the offence(s) referred to in the charge sheet, it may therefore return a verdict of not guilty”.

Tot die verdediging se ontnugtering, het hy ontslagting op die eerste twee klagtes geweier.

Steynberg is op 6 Desember 2008 in sy broer se huis in hegtenis geneem waar die voorval plaasgevind het. Die slagoffer – toe skaars sewe jaar oud – het by die dood omgedraai. Sy en haar ouer sussie, toe 10, het by n maatjie oorgeslaap.

Daar word beweer dat Steynberg dié aand die kind uit haar bed gaan haal en na sy kamer geneem het. Hy het op daardie stadium by sy broer en skoonsuster gebly.

Hy word daarvan aangekla dat hy glo die tenger sewejarige fisies aangerand het waarna haar keel met n skêr oopgekerf is. n Noodoperasie het haar lewe gered. Volgens ooggetuies was die kind se wond so diep, dat haar tragea sigbaar was.

Steynberg het onskuldig op al drie klagtes gepleit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button