CrimeNewsUpdate

Drie kry borg na vrou by Stables aangerand is

Die saak teen hulle is uitgestel tot 15 November vir verdere ondersoek

NELSPRUIT – Me. Carmen Brown, mnr. Victor Wilkens en mnr. Wickus Potgieter is elk op borg van R1 000 vrygelaat nadat hulle aangekla is van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit volg nadat me. Yolande Redelinghuys onlangs buite Stables aangerand is.

Die saak teen hulle is tot 15 November vir verdere ondersoek uitgestel. Redelinghuys het intussen heftig op Laevelder se Facebook-blad gereageer omdat sy in Vrydag se voorblad-berig sonder haar toestemming geïdentifiseer is. Laevelder het haar geleentheid gegun om kommentaar te lewer, maar sy het nie. Die koerant het ook aan haar verduidelik dat haar naam op ‘n klagstaat, wat ‘n openbare dokument is, verskyn.

Daar is Vrydag streng borgvoorwaardes aan Brown gestel omdat sy ook aangekla word van poging tot moord op mnr. Johan (Panner) Cronjé. Sy en mnr. Cat Smit het gister weer in die hof in verband met hierdie klag verskyn. Dié saak is tot 6 November uitgestel wanneer ‘n verhoordatum na verwagting vasgestel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button