CrimeNews

Bedrywige tydperk vir Bossies

Die afgelope twee weke het Bossies Community Justice gehelp om verdagtes in ses verskillende operasies vas te trek. Dié maatskappy poog om die polisie te ondersteun en werk saam met verskeie sekuriteitsmaatskappye in Nelspruit.

Die afgelope twee weke het Bossies Community Justice gehelp om verdagtes in ses verskillende operasies vas te trek. Dié maatskappy poog om die polisie te ondersteun en werk saam met verskeie sekuriteitsmaatskappye in Nelspruit.

Op 1 Oktober het Bossies gehelp om drie verdagtes wat met gesteelde eiendom in 'n wit VW Golf gevlug het, in hegtenis te neem. Hulle het daarna die perseel opgespoor waar die misdaad gepleeg is en het gesorg dat vingerafdrukke na die polisie gestuur word. Die eienaars, wat uitstedig was, is ook in kennis gestel.

Die volgende dag het die span en Hi-Tech Sekuriteit twee verdagtes vir kommersiële bedrog van ongeveer R70 000 vasgetrek. Op 4 Oktober is 'n wenk opgevolg en twee mans met gesteelde eiendom is gearresteer.

'n Huiseienaar in Stonehenge het op

5 Oktober drie verdagtes in sy erf opgemerk en Bossies geskakel.

Die verdagtes het die motorhuis oopgebreek en by 'n voertuig ingebreek. 'n Karavaan is oopgeforseer en goedere is daaruit gesteel. Hullehet gevlug toe beamptes op die toneel opdaag. Meeste van die gesteelde goedere is later in 'n nabygeleë veld gevind.

Op 8 Oktober is 'n man in hegtenis geneem, twee weke nadat hy vermoedelik 'n misdaad gepleeg het. Volgens mnr. Jacques Meiring, hoof-operasionele bestuurder van Bossies, het inwoners van Nelspruit sowat twee weke gelede 'n hawelose man ingeneem en hom in 'n karavaan op die erf laat bly.

Hy is ook 'n sleutel vir die huis gegee sodat hy kon stort.

Toe die eienaars vir 'n naweek weggaan en terugkeer, was die plek omtrent leeggedra. Hulle het uitgevind dat die meeste van die goedere aan nabygeleë pandjieswinkels verkwansel is. Die saak is by die polisie gerapporteer, maar toe daar na twee maande nog geen reaksie van hulle was nie, het die inwoners besluit om Bossies se hulp in te roep. Die verdagte is uiteindelik op 8 Oktober op die hoek van Piet Retief-straat en die R40 vasgetrek, waar hy besig was om te bedel. Daar is dagga in sy besit gevind en hy is op grond daarvan gearresteer. Op 9 Oktober is 'n gesteelde voertuig na 18 jaar gevind. Bossies en Hi-Tech het 'n wenk aangaande 'n blou VW Golf ontvang wat vermoedelik gesteel was en het ses verdagtes vasgetrek. Vier was in die voertuig en twee het te voet probeer vlug toe hulle gesien het dat hul makkers in die moeilikheid was.

Die polisie het die ander twee van die toneel verwyder. Daar is bevind dat die voertuig al in 1995 in Marble Hall as gesteel aangemeld is.

Inligting oor Bossies Community Justice: Dit is 'n Artikel 21, nie-winsgewende maatskappy, wat hoofsaaklik in Nelspruit werk. Hulle poog om in die gemeenskap 'n hulplyn vir slagoffers van misdaad te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button