CrimeNews

Booswigte skiet op familie in Apiesdoorn

BURGERSFORT – “As Marietjie nie teruggeskiet het nie was ons dalk nie vandag hier nie,” is die mening van mnr. Hendry Joubert nadat booswigte Maandag op hulle geskiet het. Hy vertel hoe hy ‘n wit Honda ongeveer 11:45 by sy erf in Apiesdoorn sien inry het. Deur die venster het hulle hulself as sekuriteitswagte op …

BURGERSFORT – “As Marietjie nie teruggeskiet het nie was ons dalk nie vandag hier nie,” is die mening van mnr. Hendry Joubert nadat booswigte Maandag op hulle geskiet het.

Hy vertel hoe hy ‘n wit Honda ongeveer 11:45 by sy erf in Apiesdoorn sien inry het. Deur die venster het hulle hulself as sekuriteitswagte op die spoor van skelms voorgestel. “Die gewapende mans het uit die kar geklim en ek het vir hul gesê dat ek van niks weet nie en terug in die bed geklim.”

Volgens die hekwag, me. Johana Muhanelwa, het die mans 11:40 by die hek ingeteken en hulself as wagte voorgedoen. Muhanelwa het die voertuig se registrasienommer as YTG-366 GP neergeskryf. “Na vyf minute het hul na die hek teruggekom en vir my kollega gevra om hulle te wys waar ‘n huis is. Een van die mans het by my agtergebly. Ek het vermoed dat hulle skelms was omdat hulle handskoene gedra het. Ek het ‘n verskoning opgemaak dat ek die badkamer moes gebruik en so gaan wegkruip en hulp ontbied,” sê Muhanelwa.

Sy vertel verder hoe die mans ‘n derde keer na die hek is om die ander “sekuriteitswag” af te laai. “Twee van die tsotsi’s het ‘n geweer op hom gerig en by hom gebly terwyl ek weggekruip het.”

Joubert vermoed dat dit toe was dat die drie oorblywende booswigte ‘n tweede keer by sy huis aankom. “Ek het by die voordeur gaan staan om die buitelig aan te sit en my vrou het uit die slaapkamervenster geloer. Die een skurk het haar aan die nagrok deur die venster gegryp terwyl die ander een die veiligheidhek begin afruk het. Marietjie het losgekom en na die kluis gehardloop om haar pistool uit te haal. Intussen het hul die slaapkamer en kombuis vensters gebreek om toegang tot die huis te kry.”

In die huis blyk die merke duidelik waar die booswigte ‘n skoot gevuur het. Volgens Joubert het hul op sy vrou geskiet waarna sy teruggekiet het. “Niemand is beseer nie maar daarna het die skurke weggejaag,” vertel hy.

Hy wil ook graag vir kol. Richard Madilonga van Burgersfort-polisie vir sy vinnige optrede bedank. Burgersfort SAPD ondersoek die saak en hoop om die booswigte spoedig vas te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button