CrimeNews

Twee verdagtes gesoek vir roof

Die beskrywings van die verdagtes in twee afsonderlike voorvalle onlangs pas bymekaar.

NELSPRUIT – Twee jongmans is moontlik besig om tieners in die dorp te terroriseer, nadat twee afsonderlike voorvalle sedert Vrydag aangemeld is.

Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele hoof van Bossies Community Justice, is hulle egter nie seker of die verdagtes wel met beide voorvalle verbind kan word nie.”Ons weet nie of dit dieselfde groep is nie, maar volgens beskrywings van hulle klink dit wel so,” het hy gesê.

Die eerste voorval het glo Vrydagmiddag laat gebeur toe twee verdagtes ‘n skoolmeisie in De Kockstraat in West Acres probeer vaskeer het. Sy het egter weggekom sonder om beseer te word.

Die tweede voorval was Maandagmiddag om ongeveer 15:00 toe twee seuns glo van ‘n Samsung Galaxy-selfoon agter die Westend-inkopiesentrum beroof is. “Hulle het net klaar geoefen by die gim toe twee mans hulle geroof het. Die verdagtes het weggehardloop. Ons het die area gefynkam, maar kon niemand opspoor nie,” het Meiring gesê.

Volgens hom is die verdagtes in albei gevalle langerige, skraal mans. Beide het borselkop-haarstyle. Die een het ‘n blou baadjie aangehad en die ander een het ‘n bruin baadjie gedra. Die een verdagte is ook glo met ‘n mes gewapen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button