CrimeNews

Man in Sterkspruit aangeval

Die slagoffer het glo drie gewapende mans in sy huis aangetref.

NELSPRUIT – ‘n Inwoner van Sterkspruit is vroeg Saterdagoggend in sy huis aangeval en beroof.

Volgens Bossies Community Justice, wat die polisie ondersteun het, het die huiseienaar ongeveer 03:00 mense buite sy huis hoor beweeg. Toe hy gaan ondersoek instel, het hy drie gewapende mans in sy sitkamer betrap.

Die huiseienaar, wie tans slegs as Willem bekend is, het vinnig gereageer, ‘n mes gegryp en daar het ‘n stoeiery ontstaan.

Die verdagtes het egter die oorhand gekry, Willem oor die kop geslaan en in sy kamer vasgebind.

Hulle het gevlug voordat Bossies en die polisie by die toneel opgedaag het, maar die meeste van die gesteelde goedere is al gevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button