Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries

Kellysville neem gehoor op reis deur die wêreld

Kellysville Laerskool het hierdie jaar op 'n hoë noot afgesluit met die jaarlikse konsert wat verlede week plaasgevind het, net so voor die eksamen afskop

Kellysville Laerskool het hierdie jaar op ‘n hoë noot afgesluit met die jaarlikse konsert wat verlede week plaasgevind het, net so voor die eksamen afskop. Die oomblik toe leerders op die verhoog verskyn, het die saal opgehelder. Die kinders en onderwysers het gewys dis nie nodig dat sakke vol geld bestee hoef te word om ‘n goeie produksie op die planke te kry nie, en dat kreatiwiteit soms die enigste antwoord op ‘n suksesvolle resep is. Die tema ‘Reis deur die wêreld’ het gesorg vir hope opwinding en die gehoor na besonderse bestemmings regoor die wêreld geneem.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button