HAZYVIEW – ‘n Sekuriteitsoffisier se vermoede oor hondsdolheid het gelei tot die ontdekking van vuurwapens en dagga.
‘n Gesamentlike operasie waarby plaaslike sekuriteitsfirmas en die SAPS betrokke was het op 18 Oktober in die dorp plaasgevind. Volgens die operasionele bestuurder van ‘n plaaslike sekuriteitsfirma, is ‘n verdagte voertuig opgemerk, hy vertel, “Dit was ‘n ou wit bantam met drie ou mans in gewees. Ons het die honde agterop gekry en niks meer hiervan gedink nie.”
Maar die skuim in en om die diere se bekke het hom snuf in die neus gegee. Hy het vermoed dat die diere dalk hondsdolheid onder lede kan hê.
Drie offisiere het die verotuig agterna gesit en ses km oppad na Witriver is die bakkie onderskep. ‘n .22 Jaggeweer, 9mm short (765) pistool, messe en draadstrikke is gevind.Kopflitse was ook onder die vonds.
“Ons het hulle gevat na die polisiestasie en ‘n saak geopen vir ongeliksensieerde vuurwapens en natuurlik stropery,” vertle die man. Hy is egter twee uur later in kennis gestel dat slegs een verdgate in aanhouding is. Die ander twee is na bewering vrygelaat met ‘n boete van R300 elk vir die besit van ‘n boksie dagga. Die honde is saam met hul eienaars daar weg.
Die SAPD kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie
