
SKUKUZA – ‘n Vermeende renosterstroper is Saterdag in die Krokodibrug-gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin doodgeskiet.
Volgens ‘n verklaring wat SANParke se ereveldwagters op Facebook gelaai het, het veldwagters met drie vermeende stropers kontak gemaak.
Een is doodgeskiet en ‘n tweede gearresteer. Die derde verdagte kon daarin slaag om terug Mosambiek toe te vlug. Daar is op ‘n .458-jaggeweer, ammunisie en ander stropingsgereedskap beslag gelê.
Daar is nou al 790 renosters sedert die begin van die jaar gestroop – 476 hiervan in die wildtuin. Die aantal verdagtes wat van dié stropingsverwante misdade aangekla word, staan op 259.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
