NELSPRUIT – ‘n Inwoner van Percy Fitzpatrickstraat in Stonehenge is gisteraand dood in sy voertuig aangetref. Die bakkie was in die motorhuis geparkeer.
Mnr. Pieter Hans Rösner (56) het ‘n kopwond gehad en ‘n vuurwapen is op sy skoot gevind. ‘n Nota is na bewering op die toneel gevind en geen gemene spel word op hierdie stadium vermoed nie. Sy liggaam is omstreeks 20:30 ontdek en sy vrou was glo ten tye van die voorval tuis.
Verskeie paramedici, polisielede, Bossie’s Community Justice en Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit was op die toneel. ‘n Dominee van ‘n plaaslike NG Kerk het ook later kom bystand verleen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
