CrimeNewsNews

Bossies kry interessante gesteelde goedere

Daar het volgens mnr. Jacques Meiring van Bossies Community Justice 'n paar interessante misdade verlede week in Nelspruit plaasgevind.

Daar het volgens mnr. Jacques Meiring van Bossies Community Justice 'n paar interessante misdade verlede week in Nelspruit plaasgevind. Verlede Vrydag het Bossies en die polisie ses verdagtes met dagga en 'n bakkievrag vol onderklere betrap. Daar is ook ses onwettige immigrante in hegtenis geneem.

Op dieselfde dag het Bossies 'n oproep van 'n inwoner van Acaciastraat ontvang. Die inwoner het gesien hoe 'n man 'n hekslot oopbreek, die erf binnegaan en in die tuin rondloop. Nadat hy die erf bespied het, het hy kampstoele begin opvou en 'n braai opgetel. Toe hy die erf met die goedere wil verlaat, het die ooggetuie hom gekonfronteer en hy het gevlug.

Bossies het hom naby Figtreestraat opgespoor en gearresteer. Hulle het daarna ook twee kredietkaarte wat nie aan hom behoort nie, in sy besit gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button