Het jy al geregistreer?
Die registrasie van die kiesers word deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gehou. Stemlokale sal oop wees tussen 08:00 en 17:00 vir registrasie, bevestiging of herregistrasie.

Die boodskap wat die DA wil uitdra rakende die opkomende verkiesing is duidelik, dat mense die sleutel tot ‘n beter toekoms hou deur te registreer om te stem – aldus ‘n persverklaring wat vandag uitgereik is deur media bestuurder, Willie Venter namens provinsiale leier Anthony Benadie.
Die DA doen ‘n beroep op elke inwoner van Mpumalanga om hul plaaslike stemlokaal te besoek op 9 en 10 November om te verseker dat hulle wel geregistreer is om te stem.
Die registrasie van die kiesers word deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gehou.
Stemlokale sal oop wees tussen 08:00 en 17:00 vir registrasie, bevestiging of herregistrasie.
In die verklaring skryf hulle dat die DA gedurende die afgelope vier jaar bewys het dat waar hulle aan bewind is, ‘n beter lewe is vir die mense en deur te stem kan elke persoon in die land bydra tot die bou van hul eie toekoms.
Hulle sê “Mpumalanga sal ‘n beter plek vir elke inwoner wees wanneer ons ‘n gesamentlike standpunt teen korrupsie, nepotisme , werkloosheid en misdaad inneem – en die sleutel daartoe lê in elke kieser se hande.”
Indien jy wil uitvind waar jy geregistreer is kan jy jou ID nommer SMS na die OVK by 32810.
