Hard newsNewsNews

Pumasslot met malaria gediagnoseer

'n Lumbale punksie sal op hom uitgevoer word, wat hopelik sal aandui wat die moontlike oorsaak van sy toestand is.

NELSPRUIT – Die slot van die Steval Pumas, Eduan van der Walt (26) is gistermiddag met malaria gediagnoseer en is na die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Centurion oorgeplaas.

Eduan is verlede week oorgeplaas nadat hy op 5 November in ‘n hospitaal in KwaZulu-Natal opgeneem is. Hy was vir drie dae Mosambiek toe na die Pumas se spogoorwinning teenoor die GWK Griekwas in die tweede promosie relegasie-wedstryd op 26 Oktober, maar geen simptome het op malaria gedui nie.

Daarna is hy suidkus toe om by sy ouma te gaan kuier.

“Hy het snaakse simptome begin kry soos lam- en tamheid en is later in Durban opgeneem. Die dokters meen egter dat dit moegheid en uitputting kan wees. Hy is later na Pretoria oorgeplaas waar hy nader aan sy familie kon wees,” het sy gesê.

‘n Lumbale punksie is nog nie op hom uitgevoer nie, wat hopelik sal aandui wat die moontlike oorsaak van sy toestand is.

Van der Walt het aan die begin van die jaar na die Laeveld teruggekeer nadat hy kortstondig uit rugby getree het. Hy het met die aanbreek van die rugbyseisoen die Puma-trui die afgelope vyf jaar in altesaam 72 wedstryde gedra. Hy het ook vanjaar vir die Suid-Afrikaanse Presidentespan én vir die IRR Tbilisibekerspan uitgedraf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button