NELSPRUIT – ‘n Beampte van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit het vanoggend tot die redding gekom van ‘n vrou wat aangeval is toe sy vermoedelik op pad was om te gaan werk.
Volgens mnr. Vernon Lancaster van Hi-Tech, het reaksiebeampte Bertie Luus in Piet Retiefstraat gery toe hy ‘n vrou naby Rob Ferreira Hospitaal opgemerk het. Sy het ‘n verpleeg-uniform aangehad en was vermoedelik op pad werk toe.
Luus kon sien hoe ‘n man haar met ‘n mes dreig en probeer om haar selfoon af te vat.
Die verdagte het Hi-Tech se voertuig gesien en op die vlug geslaan. Luus het hom agterna gesit en aangekeer. Die verdagte is aan die polisie oorhandig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
