CrimeLocal newsNewsNews

Parkville Inbraak

Inbraak by Parkville woning Lianda Naudé Drie rowers het Donderagoggend tussen 01:00 en 02:00 ingebreek by Johanna Pheiffer, 51, se huis in Parkville. Hulle het weggemaak met ‘n platskerm TV , selfoon en skootrekenaar. “Ek het glad nie wakker geword nie,” sê Pheiffer. “Die eerste wat ek daarvan weet is toe ek opstaan en sien …

Inbraak by Parkville woning
Lianda Naudé
Drie rowers het Donderagoggend tussen 01:00 en 02:00 ingebreek by Johanna Pheiffer, 51, se huis in Parkville. Hulle het weggemaak met ‘n platskerm TV , selfoon en skootrekenaar.
“Ek het glad nie wakker geword nie,” sê Pheiffer. “Die eerste wat ek daarvan weet is toe ek opstaan en sien my tv is weg. Toe gaan ek na die agterdeur en gil hard genoeg dat my buurman Toni Swart tot my hulp gekom het. Toni het toe saam met my deur my huis geloop. Dis toe ons ontdek dat die boewe deur ‘n dubbele staalhek met slot en ‘n skuifdeur gebreek het om toegang tot my sitkamer te kry. Wat my die bangste maak van die ding is, is dat die boewe my selfoon wat langs my bed op die tafel lê, gevat het. Hulle het daar langs my gestaan en na my gekyk terwyl ek geslaap het!”
“My buurvrou sê sy was toevallig wakker tussen een en twee Donderdagoggend. Sy het my probeer in die hande kry toe sy die drie boewe sien weghardloop. Sy kon my nie in die hande kry nie wat hulle het toe al klaar my selfoon gesteel.”
Volgens die polisie het die skurke oor haar palisade met barbed draad geklim het. Hulle het ook gedink dat die rowers dalk iets gebrand het voor die tyd wat deur haar oop venster ingewaai het. Dit het veroorsaak dat Pheiffer diep geslaap het en nie wakker sou word terwyl die rowers inkom en steel nie. Pheiffer het vier maande gelede haar man aan die dood afgestaan en werk by Witrivier Drukkers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button