Hard newsNewsNewsUpdate

Finansiële bestuurder van Buco se roudiens vandag gehou

Sy afsterwe laat ‘n groot leemte in die lewe van sy gesin, familie, vriende en kollegas wat nooit gevul sal kan word nie

NELSPRUIT – Die finansiële bestuurder van BUCO, mnr. Louw Zevenster (44), is Maandagmiddag dood nadat hy vermoedelik homself om die lewe gebring het.

Paramedici is omstreeks 14:00 na die botaniese tuin ontbied nadat Zevenster daar op ‘n voetpaadjie aangetref is. Hy het ‘n skietwond gehad en is na Mediclinic Nelspruit geneem waar daar gepoog is om sy lewe te red.

Geen gemene spel word op hierdie stadium vermoed nie, maar Nelspruit se polisiewoordvoerder, kapt. Dawie Pretorius, het bevestig dat die polisie met ‘n geregtelike doodsondersoek besig is. Verskeie boodskappe van medelye is reeds op Laevelder se webtuiste en Facebook-blad geplaas. Zevenster laat sy vrou, Marionette agter. Sy het gesê dat hy 21 jaar lank by BUCO, voorheen bekend as Laeveld Bouhandelaars, werksaam was. “Hy het sy plek met passie volgestaan in sy gesinslewe saam met sy vrou en twee hondekinders, asook in sy beroep, sy gemeente en die gemeenskap.

“Sy afsterwe laat ‘n groot leemte in die lewe van sy gesin, familie, vriende en kollegas wat nooit gevul sal kan word nie. Oorweeg asseblief ‘n skenking aan KANSA Nelspruit ter nagedagtenis aan hom, in plaas van blomme,” het sy vrou gesê.

‘n Roudiens word vandag om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk in Belladonnastraat gehou. Navrae: Muggie Klopper van BUCO by 013-753-5300 of 072-904-5912.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button