Hard newsNewsNewsUpdate

Puma-slot goed op pad na herstel

Eduan van der Walt (26) wat tans in die Unitas Hospitaal in Centurion vir malaria behandel word, is die naweek van die intensiewe sorgeenheid na 'n private kamer oorgeplaas.

NELSPRUIT – Die slot van die Steval Pumas, Eduan van der Walt (26) wat tans in die Unitas Hospitaal in Centurion vir malaria behandel word, is die naweek van die intensiewe sorgeenheid na ‘n private kamer oorgeplaas.

Hy is verlede week met malaria gediagnoseer. Alle voorlopige toetse dui daarop dat die speler Guillian- Barré het en hy word ook daarvoor behandel. ‘n Lumbale punksie sou gister op hom uitgevoer te word om meer duidelikheid oor sy siekte te kry. “Eddie het Sondag bietjie rondgeloop en hy lyk sommer baie beter as verlede week,” het die afrigter Jimmy Stonehouse gesê.

Die spandokter, Kobus Hugo het ook gesê dat Van der Walt se toestand reeds baie oor die afgelope ruk verbeter het. Die dokters gaan hom nóg vir vier weke in Pretoria hou voordat hy na Nelspruit kan terugkeer.

“Sy toestand kan binne die volgende vier weke verander en dit is nodig dat ‘n neuroloog gedurende hierdie tydperk beskikbaar is. Ons as bestuurspan is opgewonde oor sy terugkeer en die uiterse bekwame rehabilitasiespan is gereed om oor te neem,” het Hugo gesê.

Van der Walt is op 5 November in ‘n hospitaal in KwaZulu-Natal opgeneem voor hy op 8 November na Unitas oorgeplaas is. Hy was vir drie dae in Mosambiek en is daarna suidkus toe.

“Eddie wil net baie dankie sê aan al die gebede en ondersteuning wat hy die afgelope week van die Laeveld- en Nelspruit-gemeenskap ontvang het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button