Hard newsNewsNews

Landbou halt sluiting van satelietkantore

'n Veearts wat met die koerant gepraat het, was bly oor die nuus dat die kantore nie meer sal sluit nie, omdat dit sy werk sou bemoeilik.

NELSPRUIT – Die Mpumalanga Departement van Landbou se planne om voorligtingdienste te beperk, is onlangs op ys gesit. Die aanvanklike aankondiging het mense laat regop sit. Boonop is dié planne nie amptelik heeltemal van die baan af nie.

Die departement bied opleiding en veeartseny-dienste aan boere deur satelietkantore. In Julie het dit aangekondig dat van dié sentrums teen die einde van September sal toemaak. ‘n Veearts was bly oor die nuus dat die kantore nie meer sal sluit nie, omdat dit sy werk sou bemoeilik. “As die satelietkantore toemaak, sal veeartse wat in die veld werk verder van hul werksplekke af wees,” het hy uitgewys. Dit sou volgens hom die bekamping van siektes ook raak.

Hulle werk om in beheersones bek-en-klouseer te bekamp sodat die land as vry geklassifiseer kan word en vleis na Europa uitgevoer kan word. Hoewel dié status tans opgeskort is oor ‘n uitbreking, werk hulle hard daaraan om dit terug te kry.

Hulle beheer ook hondsholheid. Volgens hom sou die sluiting van die kantore ook hul dienslewering aan boere in agtergeblewe gebiede kortwiek. Mnr. Hennie Laas, die hoofbestuurder van Mpumalanga Landbou, was dit met hom eens dat die sluiting van die kantore juis opkomende boere ook sou benadeel.

“Diegene wat opleiding die meeste benodig is opkomende boere,” het hy gesê. “Soos sake staan, kry die landbousektor nie die diens en ondersteuning van die departemente af wat dit verwag nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button