Hard newsNewsNews

Trok ploeg in huis in

Die bestuurder van die vragmotor is dood nadat sy trok in die huis ingejaag het.

NELSPRUIT – Inwoners van ‘n huis in Waterval Boven het Dinsdagoggend ‘n wrede wekroep gekry toe ‘n vragmotor in hul huis ingejaag het. Die bestuurder, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie omdat sy familie nog nie in kennis gestel is nie, is op die toneel dood.

Volgens mnr.Joseph Mabuza, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, was die bestuurder die enigste insittende van die voertuig. Niemand wat ten tye van die voorval in die huis was, is beseer nie.

Die vragmotor het staalstawe vervoer. Die ongeluk het glo omstreeks 00:45 plaasgevind toe die bestuurder beheer oor die trok in die dorp verloor het.

Mabuza het gesê die polisie vermoed dat die bestuurder vanaf Belfast se rigting afkomstig was en die Machadodorp-tolhek probeer omseil het deur deur die dorp te ry. Hy was op pad na die N4 en moontlik Mosambiek. Mabuza het bevestig dat die man en trok daarvandaan afkomstig was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button