GalleriesNewsNewsSchoolsSchools galleries

Trane op laaste dag van skool

BURGERSFORT – Die ysterstaaf wat voor die ou skoolhoofkantoor by Laerskool Burgersfort hang is deel van ‘n treinspoor. Net soos ‘n spoor die trein op koers hou so probeer die leermeesters om die leerlinge op die regte pad te hou. Wanneer ‘n leerling deel van die skool word, stap hy of sy die pad wat …

BURGERSFORT – Die ysterstaaf wat voor die ou skoolhoofkantoor by Laerskool Burgersfort hang is deel van ‘n treinspoor.

Net soos ‘n spoor die trein op koers hou so probeer die leermeesters om die leerlinge op die regte pad te hou.

Wanneer ‘n leerling deel van die skool word, stap hy of sy die pad wat vir hul gelê word deur die leermeesters, ouers en God. Aan die einde van hul laerskoolloopbaan in gr. 7 kry elke leerling die geleentheid om die spoor met ‘n ysterstaaf te slaan. Deur die simbool groet die leerlinge dan die leermeesters en ander leerlinge.

“Noudat die einde van die spoor aangebreek het is dit tyd om te groet. Van nou af gaan jy nuwe spore volg. So as jy die spoor slaan groet jy ons, en ons vertrou dat die spoor van die lewe in jou hart gelê is,” sê die personeel.

Op die laaste dag van skool het leerlinge ook die kans gehad om ander leerlinge en onderwysers toe te laat om op hul skoolklere te teken. Die tradisie duur al jare lank en krokodiltrane is afgevee toe dit tyd was om vir oulaas te groet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button