Hard newsNewsNews

Insittendes is feitlik ongedeerd na ongeluk

'n Mosambiekse vragmotorbestuurder wat vermoedelik 'n skerp draai op die Hilltop-pas teen 'n hoë spoed genader het, het Maandag omstreeks 17:00 'n noue ontkoming gehad.

‘n Mosambiekse vragmotorbestuurder wat vermoedelik ‘n skerp draai op die Hilltop-pas teen ‘n hoë spoed genader het, het Maandag omstreeks 17:00 ‘n noue ontkoming gehad. Die trok, wat Casa Dolce Casa-teëls vervoer het, het omgeslaan.

Die bestuurder en ‘n vroulike passasier was onder die wrak vasgekeer en is binne minute met behulp van lewenskake en die spoedige reaksie van noodpersoneel bevry. Die passasier is eerste gehelp en kort daarna die bestuurder.

Mnr. André Denysschen van Netcare 911 het berig dat behalwe vir ‘n paar geringe beserings en honderde gebreekte teëls, die ongeluk nie so ernstig was nie. Foto: Stefan de Villiers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button