Hard newsNewsNews

Weghol Citybug-bus ploeg deur huis se muur

'n Citybug-bus het gistermiddag deur 'n huis in Granietstraat se muur geploeg nadat hy by 'n vulstasie agteruit begin loop het.

‘n Citybug-bus het gistermiddag deur ‘n huis in Granietstraat se muur geploeg nadat hy by ‘n vulstasie agteruit begin loop het. Niemand is gelukkig ernstig tydens die voorval beseer nie.

Volgens me. Gerty Greyling van Lifemed-ambulansdienste, het die bestuurder van die Citybug-bus omstreeks 13:15  by die nabygeleë Engen-vulstasie gestop om brandstof in te gooi. Hy het uitgeklim en is by die gerieflikheidswinkel in.

‘n Vroulike motoris wat agter die Citybug-bus gestop het, het vertel dat die bus skielik agteruit begin loop het. Sy kon gelukkig betyds haar voertuig in tru-rat sit en uit die bus se pad kom.

Die bus het ‘n paal getref, omgeswaai en oor die pad geloop voor dit deur ‘n muur van ‘n huis gebars het. Die bestuurder van die bus het intussen gesien wat gebeur het en die wegholbus agterna probeer sit. Hy het egter in sy haas geval. Hy is met geringe beserings hospitaal toe gevat.

Die bus het oor ‘n swembad gevlieg voor dit deur ‘n tweede muur gebreek en tot stilstand gekom het. Niemand in die erf is beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button