CrimeNewsUpdate

Gewapende rowers steeds soek na aanval op bruilofgangers

Die vier gaste is voor ‘n troue beroof vroeg Saterdagoggend voor hulle 'n troue sou bywoon.

NELSPRUIT – Gaste van ‘n bruidspaar wat Saterdag die knoop sou deurhaak het ongedeerd van ‘n gewapende rooftog afgekom. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Die eienaar vam die lodge waar die slagoffers tuisgegaan het, het bevestig dat die bruilof voortgegaan het, al het van die gaste sumier uitgetrek na die voorval.

Die twee paartjies is vroeg Saterdagoggend by die lodge oorval voor hulle die middag ‘n troue by die lodge sou bywoon. Nie een van die slagoffers is tydens die voorval beseer nie, maar twee wagte is oorrompel.

Mnr. Nico Grobler, operasionele bestuurder van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit wat saam met Bossies Community Justice en die polisie op die toneel was, het gesê hoewel die lodge nie hul kliënt is nie, hulle ‘n klompie  kliënte in die omgewing het en op patrollies op die plase en plotte ry.

Hy het gesê Hi-Tech dra nie kennis van ‘n  bende wat in die omgewing bedrywig is nie, maar het bevestig dat die gebied warm geword het die afgelope ruk. Grobler het vertel dat hulle kennis dra van sowat agt voorvalle in die Alkmaar-Cairn-Burnside omgewing waartydens waterpompe gesteel is.

Die omgewing het rondom September verlede jaar ook ‘n vlaag misdaad beleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button