Hard newsNewsNews

Kabouterland kniediep in die modder

Die oorspronklike probleem het by die waterdreineringstelsel ontstaan. Die opbou van water het veroorsaak dat dit meegegee het. Ons het die probleem aangespreek deur 'n nuwe stelsel te installeer

NELSPRUIT – Kabouterland was verlede week al weer onder water. Verlede Woensdagaand se storm het veroorsaak dat vier van die klaskamers oorstroom is en dat dié kleuters saam met die groter kinders versorg moes word. Dit is nadat die skool in Maart dieselfde probleem gehad het.

“Dit kom al ‘n baie lang pad,” vertel skoolhoof, me. Sunita de Beer. “Jare gelede het die Total-vulstasie langs Kabouterland besluit om die muur om hul eiendom hoër te maak. Die nuwe gedeelte is bo-op die bestaande een gebou. Die ekstra gewig het tydens die swaar reën in Maart veroorsaak dat die hele muur inmekaargetuimel het. Dit het op ons skoolgebou geval en ek dank die Here geen kinders was naby nie,” het De Beer bygevoeg.

Mnr. Owen Nxumalo, eienaar van Singita Civil Works wat deel van die boukontrakteursfirma is, Risima Developers, het aan Laevelder vertel dat hulle deur Total aangestel is om ‘n nuwe muur in die plek van die een wat omgeval het, te bou. “Die oorspronklike probleem het by die waterdreineringstelsel ontstaan. Die opbou van water het veroorsaak dat dit meegegee het. Ons het die probleem aangespreek deur ‘n nuwe stelsel te installeer.

“Ons is bewus van die skade wat Kabouterland gely het en is heeltemal bereid om te help met die skoonmaak sodra ons klaar gebou het.”
Volgens Nxumalo het hy en sy werkers al in Augustus met die konstruksie begin, maar die onlangse reën het hulle twee weke agter skedule geplaas. “Ons moet binnekort klaar wees en die reën help nie, maar ek kan almal die versekering gee dat die nuwe muur glad nie sal omval nie.”

Kabouterland sukkel nou al twee maande sonder telefoonlyne en ondervind gereelde kragonderbrekings. “Dit is verskriklik want ons kan nie die ouers skakel as daar ‘n probleem met hul kinders is nie en ons ly nou ‘n verlies as gevolg daarvan. Ons gebruik selfone en die rekening was verlede maand meer as R4 000. Die gebrek aan telefoonlyne, gereelde kragonderbrekings en water-probleme kelder ons geweldig in ons daaglikse besigheidsbestuur.”

De Beer het bygevoeg dat die bestuurder van die Total-vulstasie, mnr. Steven Pinker gereeld vir hulle water aangedra het en het selfs al gehelp om die skool se klaskamers skoon te maak. “Die hulp wat ons van Pinker af kry, is absoluut uitstekend. Ek sou nie dieselfde van ‘n buurman kon sê nie.” Indien ouers navrae het, moet hulle die skool by 079-970-5339 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button