GalleriesNewsNewsSchoolsSchools galleries
Kinderland konsert
LYDENBURG – Kinderland het onlangs hulle jaarlikse konsert in die NG Suid-gemeente se saal gehou. Kleuters het vir dae aaneen geoefen om vir mamma, pappa, oupa, ouma en boeties en sussies te wys hoe hulle verskeie liedjies en gedigte kon baasraak. Die konsert het liedjies soos Rondomtalietyd, Gangnam Style, Ek sal my lig laat skyn, …
LYDENBURG – Kinderland het onlangs hulle jaarlikse konsert in die NG Suid-gemeente se saal gehou.
Kleuters het vir dae aaneen geoefen om vir mamma, pappa, oupa, ouma en boeties en sussies te wys hoe hulle verskeie liedjies en gedigte kon baasraak.
Die konsert het liedjies soos Rondomtalietyd, Gangnam Style, Ek sal my lig laat skyn, I have Jesus in my life en Al was ek nie daar nie ingesluit.
Verskeie gedigte is ook voorgedra en na die afloop van dié prettige vertoning het elke kind ‘n Kersgeskenk en lekkergoedpakkie ontvang.
Dit was die sesde jaar wat Kinderland dié konsert aangebied het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






